top of page

X-Pen

SOON 2B AN APPROVED 
BILINGUAL SCAN READER DEVICE
FOR USE DURING EXAMS? 

The X-Pen is currently under development to allow for and qualify as an approved ASSESSMENT ACCOMMODATION DEVICE in South Africa. Once approved, it will be allowed as a reading device during National Senior Certificate Exams.
The X-Pen, combined with a Bluetooth Headset allows for reading in both English and Afrikaans.

A LIMITED AMOUNT OF X-PENS WILL BE AVAILABLE TO EARLY BIRDS  VIA
"BACK A BUDDY" CROWD FUNDING WEBSITE. 

 
The X-Pen is mainly being developed as an Assessment Accomodation device, not realising the PROFOUND EFFECT it will have on the well being of the user.
See this letter from a very happy Mom...  

Vir wie dit mag aangaan

 

Vertaler / Leser pen Ter agtergrond:

 

Ons het ‘n ‘n dogter wat tans in Graad 7 is. Sy is in Graad 3 gediagnoseer met ‘n gemengde dyslexia, waar sy nie woorde kan identifiseer of klanke kan hoor nie. Die dyslexia tipe is geidentifiseer as: “moderate dysnemkinphonesia (combined motoric and auditory dyslexia)”.

 

Sy sukkel om te lees en haar storie geheue is beperk. Toe Robert vir my die leser wys het ons dadelik die geleentheid aangegryp om te kyk of ons nie haar kan help om te lees deur hierdie pen te gebruik nie.

 

Sy was by die Opvoedkundige sielkundige in Maart en ons is gewaarsku om te kyk na haar angs vlakke, want as sy moet begin lees raak sy angstig en regres sy na ten minste twee grade jonger. Sy het ‘n wil om te probeer, maar vra heeltyd onverskoning as sy nie iets regkry nie en begin dan vroetel en verloor haar konsentrasie. Sy presenteer met angstigheid en trek dan terug.

 

Ons het vir haar die pen gegee Maandag 17 Maart 2025, en kan ek asseblief net noem dit van daardie laat middag af het my kind se wêreld verander. Sy stel haar wekker self vir 05:30 en as ons in die kamer kom is sy aangetrek en reg vir skool en sien uit na die dag, waar ons haar altyd moes uit bid en stry. Sy het ewe skielik begin belangstel in “self care”, en begin haar hare beter vasmaak en kyk mense in die oë.

 

Sy en haar maats is vir die eerste keer laas Vrydag Biblioteek toe en het sy vir haar 4 boeke gaan uit neem. Sy praat vol sinne met jou en as sy iets wil vrae dan volg sy ‘n gegronde redenasie. Haar menswaardigheid kom stelselmatig terug en sy is nou opgewonde en geinteriseerd in wat rondom haar aangaan.

 

Sy was geneig om net in haar kamer te wil kom en daar wil bly. Sy is regtig besig om te blom. Sy het nog ‘n langpad voorentoe en is emosioneel baie agter, maar die verskil wat daardie leserpen in minder as ‘n maand gedoen het vir haar is merkwaardig. Ek kan nie wag vir die nuwe kwartaal nie, en vir haar om ten volle die pen te integreer in haar daaglikse leer/ lees skedule. Die wêreld is besig om vir haar oop te gaan en hierdie moeder hart kan nie trotser en meer dankbaar wees nie.

 

Die uwe Jeanette Fox

bottom of page